Eerste Wêreldoorlog. Op Sondag, 14 November, het die jaarlikse Herdenkingsdag se diens en parade by die Moth-perseel in Ermelo plaasgevind.
Hierdie dag word wêreldwyd gedenk op die naaste Sondag aan 11 November, ter viering van die wapenstilstand wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog ingelui het. Dié wapenstilstand het op die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand in 1918 plaasgevind.
Jaarliks herdenk Hoërskool Ermelo ook hierdie dag ter nagedagtenis aan die Erries wat gesneuwel het tydens dié oorlog en daarom vorm EHS deel van die kranslegging wat elke jaar gebeur.
Foto verskaf
Lees meer oor Erries: