EHS plant bome. Die Errieraad het die wonderlike voorreg gehad om onlangs ‘n laning bome te plant op EHS se terrein. Dit is onder andere om die bome wat verwyder moes word vir die ErrieUnie-Astro wat gebou is, te vervang.
Twintig peperbome vestig nou hul wortels tussen die Erries en voeg waarde toe tot Hoërskool Ermelo se reeds besonderse terrein.
Die Erries is opreg dankbaar vir die skenking van die bome en sien daarna uit om die groei van hierdie bome oor die jare waar te neem.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Erries: