Edwin van der Walt. Akteur Edwin van der Walt het op die plaas gekuier. Edwin is seker beter bekend vir sy rol in televisieprent, Fynskrif, maar ook vir rolle op die silwerdoek, soos Ballade vir ‘n Enkeling, Modder en Bloed, My Father’s War, The Pro, Wonderlus en Hunting Emma.
Hy het in CSV met die seuns gesels oor uitdagings en versoekings wat in vandag se tye oor mens se pad kom. Hy deel met hulle hoe hy gegroei het en sy geloof en hoe hy dit toepas in sy werksplek. Sy storie het gehandel oor die vissermanne in die Bybel (Lukas 5) en hoe jou vissersnet altyd “skoon” gehou moet word, altyd gereed moet wees om seëninge te ontvang.
In sy boodskap het hy ook beklemtoon dat God nie van ons verwag om perfek te wees nie. Hy verwag net van ons om elke dag te probeer om beter te wees as gister en nader aan Hom te leef. Die seuns kry die geleentheid om te sien hoe manne in verskillende areas van die lewe hulle geloof uitleef.
#leerleeflei #hartenhand #bewaaronsbodem
Lees meer oor Boland Landbou: