
Hendri De Beer, Theuns Theunissen, Justin Clarke, Inge Wessels, Liza Slabbert en Christine Richter van die Hoërskool Upington, was gedurende die afgelope Oktober vakansie lede van die ECHS Toergroepe na Nederland. Ons het ook ma’s, oumas en tantes gehad wat saam gereis het, by name – Jannetje Slabbert, Herculine Theunissen, Erna du Toit en Cynthia Clarke. Dit was beslis die geleentheid van ‘n leeftyd.
Ons Kinders het met die grootste gemak ingeskakel by hulle onderskeie spanne en beslis op die hokkieveld ‘n verskil gemaak. Almal het 6 wedstryde gespeel, met gemengde welslae. Vriendskappe is gesmee en Wêreldsterre is ontmoet, onder wie, Naomi van As, Ellen Hoog, Maria Verschoor, Maddi Hinch, Grace Storbeck en Austin Smith. Die kinders het ook twee Nederlandse Hokkie Klinieke bygewoon by die spogklubs Laren en Houton. Die klinieke was ongetwyfeld die moeite werd. Om te sien hoe die wêreld se bestes dit doen, was besonders. Ons was ook toeskouers by eerste liga wedstryde by die Amsterdamse klub. Hierdie klub sal later vanjaar die Europese Hokkie Beker huisves.
Die Hokkie Kultuur in Nederland is ongelooflik en kan met niks in Suid-Afrika vergelyk word nie. Elke Klub beskik oor ‘n reuse klubhuis met al die nodige fasiliteite, met enige iets tussen 5-12 Astro Turfs. Daar is Ligas vanaf onder 6- veterane. Almal speel hokkie en almal ry fiets. Dit is iets om te beleef.
Ons het tuisgegaan in die pragtige Universiteitsdorp Utrecht en in die hoofstad Amsterdam. Daar was fietstoere, bootritte, Van Gogh se museum en natuurlik is die bekende Rooilig-distrik besoek. Ons het kaas, kartoffelin en stroopwafels by die hordes verorber. Woorde kan nie hierdie grootse geleentheid eer aan doen nie. Ons is net dankbaar vir die voorreg wat ons en ons kinders gehad het, om die toer te kon meemaak.
Hoërskool Upington kan met reg TROTS wees op hierdie Leerders!
Ons dank aan Elsie Coetzer (ECHS) en Jaundre Bester van Travel and Sport wat hierdie toer moontlik gemaak het.
Become a Sponsor