ECHS Hokkietoernooi. Hoërskool Fichardtpark se dogters o.16A hokkiespan het die naweek deelgeneem aan die ECHS Hokkietoernooi. Dit word aangebied by Eunice High School. Die toernooi bied ook afrigtingssessies vir spelers wat behartig word deur bekende afrigters.
Die dogters het in hul eerste wedstryd van die toernooi, dag 1, teen Hoërskool Lydenburg met 4-1 gewen. Mikayla du Toit is as Speler van die Wedstryd aangewys. Die afrigter is mnr Jacques van der Merwe.
Uitslae van dag 2, ECHS Hokkietoernooi:
Wedstryd 1:
- Hoërskool Fichardtpark teen Hoër Volkskool Potchefstroom – verloor 1-2
- Speler van die wedstryd: Anje Blom
Wedstryd 2:
- Hoërskool Fichardtpark teen Hoër Volkskool Heidelberg – gelykop 1 elk
- Speler van die wedstryd: Mikayla du Toit
Fichies is tans 2de in hul groep. Vandag is die laaste wedstryd teen Edenvale High School en dan begin uitspeel wedstryde.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf