E-Sport. Wilgies het sports, E-Sports! Verlede Vrydag het die leerders deelgeneem aan Hoërskool Die Wilgers se eie E-Sport kompetisie. Die speletjie, , is ‘n derdepersoon perspektief skietspeletjie.
Daar was 31 leerders wat deelgeneem het aan die E-Sport dag waarvan 14 leerders aan die kompetisie deelgeneem het. Die kompetisie was gebaseer op oorspronklik ontwerpte speelkaarte waar die leerders teen mekaar gekompeteer het. Die punte is bepaal deur hoeveel spelers jy kon uithaal en wie die meeste skade aan die ander spelers kon aanrig.
Finale telling en posisie:
- 1. Thomas van Vuuren, 66 punte
- 2. Jayden van Niekerk, 60 punte
- 3. Martin Moolman, 59 punte
Die 1ste plek prys was R500, 2de plek prys was R250 en 3de plek prys was R125.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf