Hoërskool Durbanville het vroeër vandeesmaand die ATKV Streekskampioenskappe gewen en sodoende gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe in Potchefstroom.
Die Durbies het behoorlik stem dikgemaak en met die volgende toekennings weggestap:
> Beste Produksie
> Beste Regie
> Beste Ensemble
> Beste Aktrise hoofrol: Nienke Geldenhuys
> Beste Aktrise ondersteunend: Cailin Aylward
> Beste Beligtingsoperateur: Ruan Potgieter
Nominasies:
> Verhoogbestuur: Nicolene Pogieter
> Aktrise hoofrol: Marlenke Scholtz & Alexa le Roux
> Aktrise ondersteunend: Maja Smith
> Akteur ondersteunend: Andrew de Jager & Ludick Bezuidenhout
Die Durbies word dus gekroon as die top Tienertoneel skool in die land.
Baie geluk met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle! #TrotsDurbanville

Become a Sponsor