)

DURBIES TREE OP BY DIE WOORDFEES

HoĆ«rskool Durbanville het Vrydagaand by die openingsaand van Woordfees 2019 ‘n debuut produksie, Klinkklaar klanke, opgevoer. Die produksie het bestaan uit aweregse Suid-Afrikaanse musiek met klassieke kinkels. Liedere van kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Deon Meiring, Koos du Plessis, Karen Zoid en Spoegwolf en TWEE is uitgevoer as koormusiek wat gebind is met vers- en blaasensemble-interludes, verwerk deur Kristi Boonzaaier. Die bindingsteks is deur Johan Rademan voorgedra.

Dit was `n viering van byderwetse nostalgie en `n musiekreis tussen die hede en verlede rondom temas soos Afrika, landskap, dieper denke en liefde.

Die geselskap het bestaan uit Hoƫrskool Durbanville se koor o.l.v. Maria Rademan-Viviers en Hoƫrskool Durbanville Blaasorkes o.l.v. Suretha Theron met oud-leerder band: Daneel Wasserfall(elektriese kitaar), Hugo Veldsman(baskitaar), Joganan Geldenhuys (perkussie) en Elmien Truter(klavier).

Maria Rademan-Viviers: “Dit is vir my so ‘n eer dat Woordfees geleenthede skep vir jongmense om op ‘n professionele vlak op te tree. Vir ‘n HoĆ«rskool-produksie om voor ‘n stampvol Spier amfiteater op te tree is nie net vir my ‘n droom wat waar word nie, maar dit was ‘n wonderlike lewensverrykende ervaring vir die lede van die geselskap ook.

Dit was ‘n volwaardige Durbanville spanpoging wat ek vir die res van my lewe saam met my sal dra.”

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal