Drie leerders van Hoƫrskool Nelspruit, Gerard Venter, Keenan Visser en Terence Terblans (gr.9) het vanaf 30 November 2017 aan die Barbarians se toer in Frankryk deelgeneem.
Twee afrigters, een van Grey College en die ander van Paarl Gymnasium was saam met hulle. Afrigter mnr. Okkie van Zyl is ook ān oud-Nellie.
Die eerste wedstryd is net buite Parys in yskoue weer teen die klub Senlis gespeel. Die tweede wedstryd was teen die klub Nimes en derde een teen Nimois.
Al die wedstryde is ver gewen en die Suid-Afrikaners het die Fransmanne laat les opsĆŖ.
Een van die hoogtepunte was toe die seuns vir Springbok en oud-Nellie Duane Vermeulen in Toulouse ontmoet het!