)

Drie Ligbron Rugbyspanne deur na Virseker Beker Semifinale

Die o/14A-, Computer Connection o/16A- en die Calstar Group Eerste rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek, Saterdag, 3 Augustus, aan die Virseker Beker Kwartfinale deelgeneem.

Die o/14A’s en die Calstar Group Eerstespan het albei teen Midstream College te staan gekom.  Die o/14A’s het hulle wedstryd oortuigend gewen met ‘n telling van 49-16.  Die Calstar Group Eerstepan het hulle wedstryd ook gemaklik gewen met ‘n telling van 48-7.

Die Computer Connection o/16A’s het teen HTS John Vorster te staan gekom en het kop en skouers bo hulle opponent uitgestaan deur die wedstryd met 41-16 te beklink.

Al drie hierdie spanne dring deur na die semifinale van die Virseker Beker.  Die o/14A’s en eerstespan sal in Klerksdorp teen Wesvalia te staan kom terwyl die o/16A’s tuis teen Hoërskool Anker te staan sal kom.

Baie sterkte aan al drie hierdie spanne en hul afrigters!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal