Die o/14A-, Computer Connection o/16A- en die Calstar Group Eerste rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek, Saterdag, 3 Augustus, aan die Virseker Beker Kwartfinale deelgeneem.
Die o/14A’s en die Calstar Group Eerstespan het albei teen Midstream College te staan gekom. Die o/14A’s het hulle wedstryd oortuigend gewen met ‘n telling van 49-16. Die Calstar Group Eerstepan het hulle wedstryd ook gemaklik gewen met ‘n telling van 48-7.
Die Computer Connection o/16A’s het teen HTS John Vorster te staan gekom en het kop en skouers bo hulle opponent uitgestaan deur die wedstryd met 41-16 te beklink.
Al drie hierdie spanne dring deur na die semifinale van die Virseker Beker. Die o/14A’s en eerstespan sal in Klerksdorp teen Wesvalia te staan kom terwyl die o/16A’s tuis teen Hoërskool Anker te staan sal kom.
Baie sterkte aan al drie hierdie spanne en hul afrigters!