Op Maandagmiddag, 5 Augustus, speel Hoërskool Ermelo se o/14A-krieketspan hul tweede wedstryd vir die jaar.
Die Erries kom te staan teen Hoërskool Standerton. Nadat EHS eerste gekolf het en ‘n telling van 84 vir nege op die bord gesit het na 20 boulbeurte, was dit Standerton se beurt om hulle lopies aan te teken.
Op hul beurt kry Standerton dit reg om slegs 49 lopies vir nege aan te teken in 12 boulbeurte.
Hoërskool Ermelo stap as oorwinnaars van die veld af met 34 lopies!
Adriaan Davel is die uitblinker van die dag met sy ses paaltjies wat hy vir net 15 lopies neem. Hierdie prestasie op die veld sluit ook ‘n driekuns in.
Baie geluk aan hierdie seuns met die oorwinning. EHS is trots op julle!