Vlnr: Buhle Mangane, Landulwazi Nkosi en Kwanele Nkambule
(Foto’s verskaf).
Drie van Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete is ná afloop van die Mpumalanga Atletiek-uitdunne wat op Saterdag, 7 Maart, in Secunda plaasgevind het, opgeneem in die Mpumalanga Atletiekspan. Buhle Mangane (o/17) dring deur vir sy 110m hekkies item, Landulwazi Nkosi (o/15) dring deur vir sy driesprong item en Kwanele Nkambule dring deur vir sy 100m en 200m items. Hierdie drie atlete sal Mpumalanga by die SA Atletiekbyeenkoms verteenwoordig, wat vanaf 18 tot 21 Maart in Germiston sal plaasvind.
Baie sterkte! Liggies weet julle sal die vrugte afwerp van julle harde werk!