Agter is me. Lindi Liversage en me. Diana Loots en voor me. Betsie Vermeulen en me. Gerda van Zyl wat die geselligheid van die Errie-restaurant geniet
(Foto’s verskaf)
Met me. Elsa Matthee aan die stuur van die skip, was die Errie-restaurant van Ermelo Landboufees 2020 ‘n reuse sukses en hét die skip nie geseil nie!
In ‘n gesellige atmosfeer en met fantastiese kos kon die skougangers hulle honger en dors les by die hoogtepunt van Ermelo skou: die Errie-restaurant! Hoërskool Ermelo se restaurant behaal ‘n eerste plek in die Arena-stalletjiesafdeling.
Dankie aan elke ouer, onderwyser, leerder en gas wat van dié jaar se restaurant weer ‘n sukses gemaak het! EHS het groot dank vir elkeen se harde werk en lang ure wat met passie en ‘n glimag vir die Erries opgeoffer is! Dankie aan die gemeenskap vir die bydrae en ondersteuning.
Die grootste eer gaan aan ons Hemelse Vader wat die Erries met elke geleentheid seën!

