Donna in SA-Vrouespan – Hoër Meisieskool Oranje is baie trots op Donna le Roux. Sy is gekies vir die SA Tennis Vrouespan.
Nadat Donna reeds elke moontlike ouderdomsgroep se SA-span al gehaal het, gaan sy nou die senior nasionale tennisspan verteenwoordig.
Die SA-Vrouespan van 5 lede gaan volgende week in die Billie Jean King-bekertoernooi in Ciprus deelneem.
Donna is die vierde Oranjeniet om vanjaar vir ‘n SA-span gekies te word. Nestine van Rooyen (o.17), Mandie Claassens en Lika Claassens (albei o.15) is ook al vanjaar vir ‘n SA-span gekies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








