Heart Health

Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie – Hoërskool Linden

Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie. Linden se Hokkietrots Skitter op Provinsiale Verhoog! Foto van links: Joshua Oosthuizen, Frederik van Deventer, Simeon Kleynhans, Luan Badenhorst

Hoërskool Linden se hokkie-afdeling is besig om geskiedenis te maak! Hierdie jaar word die skool op indrukwekkende wyse op provinsiale vlak verteenwoordig, en ons harte bars van trots. Tien uitmuntende hokkiespelers én vyf toegewyde afrigters is gekies om Hoërskool Linden én Southern Gauteng te verteenwoordig tydens die opkomende Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie.

Hier is die sterre wat ons naam hoog hou:

🏑 Seuns

Regional IPT @ Kearsney College (28 Junie – 3 Julie):

  • Simeon Kleynhans – o.14B-span
  • Joshua Oosthuizen – o.14 Blouspan
  • Frederik van Deventer – o.14 Blouspan
  • Luan Badenhorst – o.14 Geelspan

Regional IPT @ Michaelhouse (29 Junie – 3 Julie):

  • Ruaan du Toit – o.16 Blouspan
  • Jan Hendrik Weideman – o.18D-span
  • Christopher Nqasa – o.18D-span

🏑 Dogters

Regional IPT @ Nelspruit (14 – 18 Julie):

  • Lisa Muller – o.16D-span

National IPT @ Hilton College:

  • Karmi Müller – o.16B-span (7 – 13 Julie)
  • Megan Müller – o.18B-span (29 Junie – 5 Julie)

Afrigters wat ook hul merk maak:

Southern Gauteng Manspan:

  • Michael Horan
  • Travis Krumples

Southern Gauteng Damespan:

  • Julie du Plessis
  • Kelsey Stark
  • Mnr. Leon Keulder (Assistent-afrigter)

Linden staan bankvas agter elke speler en afrigter! Julle harde werk, toewyding en passie vir die sport is ’n inspirasie vir ons almal. Gaan wys wat in julle steek – ons glo in julle elke tree van die pad!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://linden.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Top Honours at FEDA. 🏆St Benedict’s College Shatters Expectations with Historic FEDA 2025 Victory. “The Other Side of the House” Dominates South Africa’s Premier High School Theatre Festival 🎭 What…

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Woud Halfmarathon – Mira Rossouw, is ’n graad 12-leerder van Hoër Meisieskool Oranje. Sy het die afgelope Saterdag die Knysna woud behoorlik laat bewe met haar pas! Sy behaal…

Leave a Reply

You Missed

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Rhino Rugby Streekweek – Hoërskool Linden

Rhino Rugby Streekweek – Hoërskool Linden

WP-Akademie Rugbyspan – Hoërskool Paarl Gimnasium

WP-Akademie Rugbyspan – Hoërskool Paarl Gimnasium

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

G20 Jeugberaad – Helpmekaar Kollege

G20 Jeugberaad – Helpmekaar Kollege