Dylan en Monique Kotze, van die Hoërskool Waterkloof, se produksie het puik tydens die naweek se deelname aan “Dans in jou Taal”-opname gevaar. Hul choreografie van die produksie het weereens die gehoor en beoordelaars laat regopsit. Klofie-dansers wat ook in hul produksie betrokke was, is Luciano Parsons, Bianca Boardman, Kyla Jacobs en Luin Leo.
Dylan en Monique se dansgroep word as episode-kampioene met dié produksie, asook met hul ander item, aangewys. Hul dring deur na die finale rondte wat in die afsienbare toekoms op KykNet uitgesaai word