)

“Die Gelofte” – Hoërskool Ermelo woon teaterstuk by

“Die Gelofte”. Op Sondag, 15 Mei, het 16 leerders van Hoërskool Ermelo ‘n uitstappie na Pretoria onderneem. Hulle het na die teaterstuk, “Die Gelofte”, gaan kyk. Al hierdie leerders is onderskeidelik lid van die drie tienertoneelstukke wat die skool vir vanjaar se ATKV-Tienertoneelkompetisie inskryf.

Dit is voorwaar ‘n besondere groot voorreg om die leerders te kan blootstel aan die teater op professionele vlak. Dit is ook belangrik om ‘n liefde en waardering vir die uitvoerende kunste te kweek. Erries se gedrag was onberispelik en die geselskap van “Die Gelofte” was gevul met waardering dat die jeug aan dié bedryf blootgestel word.

 “Die Gelofte” is ‘n musiekblyspel wat van 6-29 Mei by die AfriForum-Teater opgevoer word. Die projek word aangebied in samewerking met AfriForum en Johan Vorster (kreatiewe direkteur) Jacomien de Wet is die besturende direkteur: Inhoud Huis Musiek. Dié musiekblyspel sentreer om die deursettingsvermoë, geloof en roepingsgedrewenheid van ons voorgeslagte. Hulle het dit onder uitdagende omstandighede ten toon gestel met die aflê van die Gelofte en die Slag van Bloedrivier. Met hulle Christelike geloof as anker het hulle self die hand aan die ploeg geslaan om ‘n nuwe toekoms vir hulself en hul nageslag te bou.

“Die Gelofte” is ‘n moet-kyk. Dit leen hom by uitstek daartoe om ‘n sterk boodskap van hoop oor te dra. Dit bied hoogstaande vermaak met puik musiek en akteurs. EHS vertrou dat al ons aspirantakteurs en –aktrises baie aanmoediging hieruit sal put. Die res van die jaar se toneelbedrywighede lê voor, en hulle kan nie net op nie, maar ook af van die verhoog af ‘n positiewe bydrae lewer tot ons pragtige land, Suid-Afrika.”

EHS se toneelleerders is opnuut opgewonde om die verhoog te betree en is baie vasberade besig om te oefen aan hul onderskeie stukke.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal