[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
DieĀ DF Toerorkes het tydens die jaarlikse WindWorx Fanfare behoorlik met die louere weggestap deur ān Hoogste Lof-toekenningĀ in dieĀ gevorderde kategorie in te palm, terwyl dieĀ DF Blaasorkes ān Lof-toekenningĀ in dieĀ IntermediĆŖre kategorieĀ ontvangĀ het. Beide orkeste is ook genooi om tydens die Fanfare se GalakonsertĀ op te tree ā ān eer wat net uitgesoekte orkeste te beurt val!Ā Ā
Om DF se puik Blasers in lewende lywe te sien, word almal hartlik uitgenooi na die openingskonsert van die jaarlikse Nasionale Horingsimposium wat op 8 Junie in DF se skoolsaal plaasvind. Buiten DF se blaasorkes salĀ musikanteĀ vanuit die uithoeke vanĀ SA, asook van die buiteland aan die konsert deelneem. ‘n Spesiale hoogtepunt op die program isĀ die Konsertstuk vir vier horings en orkes, begelei deur die WindWorx Simfoniese blaasensemble onder leiding van die Belgiese dirigent, Rik Ghesquire.Ā
Ons wil alle leerders, ouers en vriende graag uitnooiĀ om hierdie konsert by te woon. Nie net sal die musikale Dee-Effers in aksie te sien wees nie, maar die gehoor sal ook ‘n rare geleentheid hĆŖ om die bogenoemde werk aan te hoor wat dieĀ meesterlike vaardigheid van dieĀ horingsolis ten toon stel. Kaartjies kos slegs R30 en sal by die deure beskikbaar wees. Ons hoop om julle almal daar te sien!
[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/05/Die-DF-Toerorkes-het-tydens-die-jaarlikse-WindWorx-Fanfare-behoorlik-met-die-louere-weggestap-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]