)

Die DF Toerorkes het tydens die jaarlikse WindWorx Fanfare behoorlik met die louere weggestap.

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]

Die DF Toerorkes het tydens die jaarlikse WindWorx Fanfare behoorlik met die louere weggestap deur ‘n Hoogste Lof-toekenning in die gevorderde kategorie in te palm, terwyl die DF Blaasorkes ‘n Lof-toekenning in die Intermediêre kategorie ontvang het. Beide orkeste is ook genooi om tydens die Fanfare se Galakonsert op te tree – ‘n eer wat net uitgesoekte orkeste te beurt val!  

Om DF se puik Blasers in lewende lywe te sien, word almal hartlik uitgenooi na die openingskonsert van die jaarlikse Nasionale Horingsimposium wat op 8 Junie in DF se skoolsaal plaasvind. Buiten DF se blaasorkes sal musikante vanuit die uithoeke van SA, asook van die buiteland aan die konsert deelneem. ‘n Spesiale hoogtepunt op die program is die Konsertstuk vir vier horings en orkes, begelei deur die WindWorx Simfoniese blaasensemble onder leiding van die Belgiese dirigent, Rik Ghesquire. 

Ons wil alle leerders, ouers en vriende graag uitnooi om hierdie konsert by te woon. Nie net sal die musikale Dee-Effers in aksie te sien wees nie, maar die gehoor sal ook ‘n rare geleentheid hê om die bogenoemde werk aan te hoor wat die meesterlike vaardigheid van die horingsolis ten toon stel. Kaartjies kos slegs R30 en sal by die deure beskikbaar wees. Ons hoop om julle almal daar te sien!

[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/05/Die-DF-Toerorkes-het-tydens-die-jaarlikse-WindWorx-Fanfare-behoorlik-met-die-louere-weggestap-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal