Die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria verwelkom Tukkies se nuwe Rektor en Visekansellier,prof. Tawana Kupe
Vlnr: Mareli van der Merwe, Lindy Grobbelaar, prof Tawana Kupe, Remi Beukes, Delia Möller, Hanje Strobos en Tineke Willcocks
Affie Lindy Grobbelaar het prof Kupe, voorheen van die Universiteit van die Witwatersrand, namens die Afrikaanse Hoër Meisieskool welkom geheet. Die leerders is die geleentheid gebied om vir prof Kupe vrae te vra.
Op ‘n vraag het prof. Kupe geantwoord dat sy eerste dag op kantoor vir hom ‘n besige, maar ‘n goeie dag was.
Prof. Kupe het voorts gesê dat sy visie vir Tukkies is om dié universiteit een van die voorste navorsingsuniversiteite in die wêreld te maak.
‘n Internasionale navorsingsentrum word vroeg in Februarie daar gevestig as ‘n eerste stap in hierdie rigting.