Die volgende ses leerders het op Saterdag 13 Mei aan die jaarlikse “Vega Vige”- kompetisie wat Vega School Kaapstad aanbied, deelgeneem. Spanne van ses leerders word uitgedaag om met ān bemarkingsveldtog vorendag te kom vir hulle kliĆ«nt. Die span van DF Malan het uit Graad 12 Ontwerp-leerders (Lesinda Louw, Sabrina van Rooyen en Jana-Mari Wiggins) en Graad 11-BS-leer-ders (Dylan Engelbrecht, XandrĆ© Olivier en Keanu Barnard) bestaan. DF Malan se veldtog om die gebrek aan onderrig aan te spreek, is as wenners aangekondig.
Leerders skryf in spanne van 6 in en word dan uitgedaag om op te kom met ān bemarkings-veldtog vir ān kliĆ«nt (in die geval Woolworths). Die inligtingsessie wat die spanne Saterdag gehad het, was om een van drie kwessies (education, childhood vulnerability of food security) te kies en aan ān veldtog te dink waardeur Woolworths ān positiewe bydrae kan maak om dit op te los en hoe dit bemark sal word. Spanne moes ān aanbieding voorberei het waartydens hulle die idee aan die paneel beoordelaars en kompetisie “verkoop” het.