Leerders van die Hoƫrskool DF Malan het vanjaar weer eens puik presteer in die Nasionale Taalbond Tweetaligheidseksamen.
177 Leerders van die skool het die eksamen op 16 April afgelĆŖ. In die Junior afdeling eindig Karen Vergeest (gr.10) eerste, Ila Alberts (gr.10) tweede, Renke Lorio (gr.9) vyfde en Emma Olivier (gr.8) sesde. Dee-Effers verower dus vier uit die top ses posisies landwyd! Kayla Bubb (gr.9) eindig dertiende en Ben Wiese (gr.10) agtiende.
Hierdie is voorwaar ān puik prestasie wat aan die leerders ān nuwe uitdaging bied om volgende jaar te oortref. Tweetaligheid is beslis ān saak van erns by die HoĆ«rskool DF Malan!
Foto:
Agter (v.l.n.r.): Kayla Bubb, Karen Vergeest en Ila Alberts.
Voor (v.l.n.r.): Emma Olivier, Ben Wiese en Renke Lorio.