Debatkompetisie. Die Erries het vanjaar weer aan die Dink-of-Sink debatkompetisie (‘n onvoorbereide debatkompetisie) deelgeneem te Hoërskool Montana en pragtig presteer. Daar is onder meer meegeding teen Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Nelspruit, en dies meer.
Die junior-spanne se uitslae (uit 32 spanne) was as volg:
- An-Euné van Niekerk
- Mia van Deventer
- Karli van Schalkwyk behaal ‘n skitterende vierde plek
- Aletha Kloppers
- Kerené du Toit
- Luché Greyling eindig dertiend
- Lidmari Sheppard, Franco Gibbens en Joshua du Toit spog met ‘n vyftiende plek.
Die senior-spanne se uitslae (uit 32 spanne) was as volg:
- Zané du Plessis
- Mienke Cloete
- Isabelle Moussier eindig agtste
- Johan Strauss
- JF Möller
- Isabella Burgers eindig vyftiende
- Ruan Grobler
- Wianke Cloete
- Bea Niemand eindig sewentiende
- Deléne Arnoldi, Jan-Maarten van Schalkwyn en John-Pierre van Rooyen druk ook hul stempel af en eindig vyf-en-twintigste
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf