Debat. Die Suid-Kaap se uitslae vir junior-en senior debat is bekend gemaak. Hoërskool Punt van Mosselbaai is baie trots om aan te kondig dat een van hul drie spanne deurgedring het tot die semi-finaal in Buffelspoort op 18 tot 20 Augustus.
Slegs die debat spanne wat binne die top drie is dring deur. Punt se een juniorspan het sommer die nommer een titel in die top tien vir Suid-Kaap skole behaal. Die leerders in dié span is Leané Pretorius, Quré Roets en Dané Lubbe. Punt sien uit na wat volgende vir dié span voorlê en wens hul alle sterkte toe.
Hoërskool Punt se ander junior debat span (Reece Meyer, Zarah Herselman en Twané Herbst) het wel nie deurgedring tot die semifinaal nie, maar het ‘n sesde plek verdien. Dit was hierdie leerders se eerste geleentheid om aan die kompetisie deel te neem. Hulle het ook met hul heel eerste poging hul debat teen die opponerende skool gewen.
Hoërskool Punt se seniorspan (Stefani Muller en Daniella Duvenhage) het ‘n negende plek behaal op die seniors se top 10-lys. Hulle het ook nie gekwalifiseer om na die semi-finaal te gaan nie, maar het hul allerbeste gegee.
Die Visse is trots op dié leerders en glo daar gaan nog groot dinge gebeur in die Debat.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf