Dawie Botes Fichardtpark. Schools That Rock is bevoorreg om ān paar vrae te vra aan Dawie Botes, Hoofseun vir 2022 van HoĆ«rskool Fichardtpark in Bloemfontein.
Hoe sien jy jou rol as hoofleier van Fichies? Dit is vir my ‘n groot eer om die hoofseun van Fichardtpark te wees. Ek sien my rol as volg: graag ek wil lei deur ‘n goeie voorbeeld te wees vir my mede-leerders. Om skooltrots bevorder is belangrik vir my. Ek glo dat as elke leerder die beste weergawe van hulself is kan ons van krag tot krag gaan.
Dink jy dat die maatreĆ«ls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is? Ek dink dit is voldoende. Elke oggend word ons koors geneem en ons saniteer ons hande voor ons toegang het tot die skool. Ons klaskamers word gesaniteer en ons hande word gesaniteer voor ons instap. Ons moet ten alle tye ons maskers dra en ‘n meter afstand van mekaar handhaaf. Die covid-gevalle by ons skool is baie laag wat getuig van die maatreĆ«ls se doeltreffenheid.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap? Ek sal verseker moet sĆŖ my ouers. Hulle is altyd daar vir my en ondersteun my in alles wat ek doen en bou my altyd op. Ek hoop om die skool met dieselfde mentaliteit te lei en die leerders van ons skool by te staan.
Watter studieriging beoog jy na skool? Ek is nog nie 100% seker nie. Maar ek hou daarvan om met mense te werk en ek is besonders lief vir sport, veral vir rugby. Dalk in ‘n mediese rigting en dan spesialiseer in sportbeserings.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom? Ek dink so. Hier by Fichardtpark fokus ons op akademie. Sport en kultuur vorm ook ‘n integrale deel van ons skool. Dit beteken dat ons gebalanseerde leerders is. Ons het ‘n sterk Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap departement wat belangrike vakke is vir my gekose studie rigting is. Ek het ook die geleentheid om deel te neem aan sport (wanneer die covid-protokol dit toelaat) wat my liefde vir sport kweek. Ons het ‘n rehabilitasie sentrum waar ek dan ook inligting oor sportbeserings kry.
Moet deelname aan sport verpligtend wees in skole? Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?Binne die Covid-reĆ«ls, dink ek dit moet verpligtend wees. Sport leer mens om saam te werk as ‘n span en dit kweek uithouvermoĆ«. Mens maak ook maklik vriende wanneer jy aan sport deelneem en dit hou jou liggaam fiks en gesond. Dit help ook geestelik, want mens voel nie sommer depressief wanneer jy deel is van ‘n groep nie.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan? Die tyd saam met my vriende en verseker die rugby. Ek hou van uitdagings, so ek geniet ook my vakke, veral Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde en IGO.
Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord. Ek is nog nie 100% seker nie. Dit is ‘n groot besluit om te maak, dit is iets wat ek oor seker moet wees dat ek dit vir die res van my lewe sal wil doen. Ek is van plan om lank te lewe, so dit gaan ‘n beroep moet wees wat my daagliks sal uitdaag.
Lees meer oor Hoƫrskool Fichardtpark: