Amy Jacobs Hoërskool Fichardtpark. Schools That Rock is bevoorreg om ‘n paar vrae te vra aan Amy Jacobs, Hoofdogter vir 2022 van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein.
Hoe sien jy jou rol as hoofleier van Fichies? My rol as hoofleier by Fichies is om my skool se waardes van diensbaarheid, integriteit, geloof, respek en uitnemendheid uit te leef. Asook om deur my Christenskap my mede Fichies te lei en ondersteun.
Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is? Hier by Hoërskool Fichardtpark word ons koors soggens geneem, ons word gesaniteer by elke klas en die klaskamers word daagliks diep gereinig. Daar is duidelike riglyne van die prosedures wat gevolg moet word wanneer ‘n leerder in kontak was of positief getoets het.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap? Van my laerskool dae af het daar verskeie onderwysers ‘n groot rol gespeel in die vorming van die persoon wie ek nou is. Op sportgebied het verskeie afrigters ‘n positiewe invloed op my lewe gehad. My ouers is my grootste inspirasie en ek kyk verseker op na hulle.
Watter studieriging beoog jy na skool? Ek beoog om in die regte te gaan studeer.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom? Vir sekere studierigtings word daar voorsiening gemaak, maar ongelukkig nie in die rigting waarin ek wil studeer nie. Dit is egter onmoontlik om voorsiening vir alle rigtings in die kurikulum te maak.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole? Ja,dit dra by tot ‘n gesonde en gebalanseerde lewenstyl. Dit leer ‘n mens om in spanverband saam te werk, konflik te hanteer en om jou tyd effektief te bestuur.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan? Ek het beslis die sport die meeste geniet, maar ook die sosiale geleenthede waar ons as leerders mekaar buite skoolverband beter kon leer ken.
Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord. Die vakke wat ek tans neem laat my toe om in enige rigting te kan studeer, indien ek nie in die regte sou studeer nie.
Lees meer oor Hoërskool Fichardtpark: