Tinka Fox, ‘n graad 11-leerder en Marlé van Wyk, ‘n graad 12-leerder, albei van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is gekies om vanaf 1 – 4 Augustus, aan die Wêreld Paralimpiese Junior Atletiekkampioenskappe te Nottwil, Switzerland, deel te neem.
Beide is in die O/20-atletiekspan opgeneem.
Die skool is baie trots op hierdie besondere prestasie!
Foto: Vlnr: Tinka Fox en Marlé van Wyk.
Become a Sponsor









