HoĆ«rskool Langenhoven se skyfskietspan het vanaf 26 ā 27 Augustus 2017 te Bellville, aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelgeneem en mooi presteer.
Die volgende skuts het medaljes vir die 10m dissipline ontvang: Milla Steyn verwerf ān goue medalje in die dames O/14-afdeling. Johanne van der Vyfer (goud), Anouska FouchĆ© (silwer) en Cyrilene Coetzee (brons). Hulle almal het in die dames O/16-ouderdomsgroep deelgeneem en elkeen ān toekenning vir uitstekende vordering in die sport ontvang.
Lourens van Vuuren is vir die Wes-Kaapspan gekies om vanaf 6 ā 7 Oktober te Douglas aan die SA-kampioenskappe deel te neem. Indien Lourens hier ān kwalifiserende telling skiet, verwerf hy sy WP-kleure. AndrĆ© Rossouw verwerf ān toekenning vir uitstekende vordering in die sport.Ā Herman Rall (afrigter van die Dasse) is deur die Wes-Kaap Unie as Wes-Kaap afrigter van 2017 aangewys.
Op die foto verskyn van links: Milla Steyn, AndrƩ Rossouw, Lourens van Vuuren en Johanne van der Vyfer. Anouska FouchƩ en Cyrilene Coetzee was afwesig tydens die neem van die foto.