Dankie aan Vereeniging Gimnasium se Gimmieraag 2018 vir die rigting wat jul deur voorbeeld vir die skool gegee het.
Jul betrokkenheid in die skool op akademiese en sportgebied was en is ‘n voorbeeld wat WARE rigting kan aandui en daarom wil ons graag dankies sê vanaf die skool se kant af, vir die naam en aanwysingsbordjies.
Dankie vir die bydra om die skoolterrein ‘n netjieser en meer gebruikersvriendelike terrein te maak.
Dankie aan Me. Melanie Brummer en Mnr. Herman Brummer vir die hulp en beplanning van die projek.