Curro Podium Atletiekbyeenkoms. 🏆 Hoërskool Gimnasium Paarl Atletiekspan skitter by Curro Podium-byeenkoms.
Paarl Gim is ongelooflik trots op ons atletiekspan wat onlangs aan die Curro Podium-byeenkoms deelgeneem het. Met ’n totaal van 40 830 punte het Gimnasium sy beste prestasie nóg by hierdie byeenkoms behaal nie en ook as die hoogste nie-Gautengse span geëindig.
’n Spesiale woord van gelukwensing aan Elisma van Wyk (gr. 12) wat vir die Junior Wêreldkampioenskap in beide die 200 m en 400 m gekwalifiseer het – ’n merkwaardige prestasie wat haar naam op die internasionale verhoog plaas. Baie geluk ook aan Tyron Oncke (graad 9) wat by die Curro Podium as die beste junior seunsveldatleet aangewys is. In die diskus vir o. 15-seuns het hy ’n afstand van 68,88 m gegooi, en in die gewigstoot (o. 15) het hy 19,70 m ver gestoot. Albei hierdie prestasies het 1 000 punte elk op die APE-tabel verdien — ’n uitsonderlike totaal van 2 000 punte!
Gimmies vier hierdie ongelooflike mylpale saam met elke atleet en afrigter wat bygedra het. Gimnasium is trots op julle! 🎉

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









