Conspirito- & Pierneef Kunstefees. Hoërskool Centurion Woerie-Kampus vier talent!
Hoërskool Centurion wens met trots vir Igna Venter geluk met haar uitsonderlike prestasies by Conspirito- & Pierneef kunstefeeste. Haar toewyding, talent en harde werk het haar nie net laat uitblink nie — sy het die kunswêreld behoorlik aan die gons!
🌟 Conspirito Kunstefees – Noord-Gauteng Rondte. Igna het haar merk gemaak as afdelingswenner in drie kategorieë en dring deur na die nasionale rondte op 28 Augustus in Bedfordview. Haar uitslae spreek boekdele:
- Mimiek Graad 8 – A++ (94%)
- Ongedramatiseerde Voordrag Graad 8 – A++ (91%)
- Undramatised Poetry Graad 8 – A++ (94%)
🎨 Pierneef Kunstefees – Hier het Igna weer haar slag gewys en die beoordelaars beïndruk:
- Afdelingswenner: Mimiek Graad 8
- Redenaars – A++
- Mimiek – A++
- Poetry – A+
- Voordrag – A+
🎤 On the Spot Kunstefees – In ’n ware toets van spontane talent het Igna die afdelingswenner vir onvoorbereide redenaars in Graad 8 geword en ’n indrukwekkende A++ behaal.
👏 Hoërskool Centurion is ongelooflik trots op jou, Igna! Jou passie vir die kunste en jou uitmuntende werk is ’n inspirasie vir almal. Sterkte met die nasionale rondte — ons weet jy gaan weer skitter!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








