Con Spirito!!!! is ‘n unieke Kultuurvereniging, Kultuur met Geesdrif, wat nou al vir die sewentiende agtereenvolgende jaar in Gauteng funksioneer maar het hierdie jaar vir die eerste keer nasionaal gegaan. Die Vereniging wil graag kultuur bevorder, geleenthede skep en talent ontdek en ontwikkel.
Die week van 2 tot 6 September het leerders wat tydens die eerste rondtes in Mpumalanga, KZN, Noordwes, Wes-Gauteng en Oos-Gauteng presteer het, bymekaar gekom om weer teen mekaar deel te neem. Die Forte ronde (wat beteken HARD, en gaan GROTER met jou talente) is 2 tot 6 September by Leeuwenhof Akademie in Bedfordview aangebied waar leerders en afrigters van heinde en verre gekom het om deel te neem. Die toppresteerders soos volg:
LAERSKOOL GRAAD R TOT 3
Beste Laerskool koor – Laerskool Burgersdorp, Noordwes
Beste Laerskool Juniorkoor – Ls Dalmondeor, Oos-Gauteng
Beste Kleuterskool Spreekkoor – Laerskool Impala, Oos-Gauteng
Beste Instrumentaal – L/s Juniors – Ewald van Wyk Gr 2 Baanbreker, Oos-Gauteng
Beste Drama in Voorskool – Kiara Roberts Gr R CJCillie/ Honkie Ponkie, Oos Gauteng
Beste Drama In Graad 1 – Alicia Jv Rensburg Gr 1 Northmead, Oos-Gauteng
Beste Drama in Graad 2 & 3 – Lienke Oosthuizen Gr 2 CJ Cillie dramaskool/ Leeuwenhof, Wes-Gauteng
Beste Onvoorbereide Lees Ls Juniors – Imke Smit Gr 2 Baanbreker, Oos-Gauteng
Mees Veelsydige Laerskool Juniors Gr 1 – 3
EWALD VAN WYK GR 2 Laerskool Baanbreker, Oos-Gauteng
LAERSKOOL GRAAD 4 TOT 7
Beste Laerskool Spreekkoor – Ls Impala, Oos-Gauteng
Beste spanredenaars – Ls Westwood, Oos-Gauteng
Beste Redenaar Laerskool – Nivh, Ls Baanbreker, Oos-Gauteng
Beste Instrumentaal – L/s seniors – Nina Putter, Leeuwenof, Wes-Gauteng
Beste Kuns Laerskool – Madri van Niekerk, Ls Standerton, Mpumalanga
Beste Sang met BT – laerskole – Kilei Kukard, Ronel Erasmus Sangskool, Oos-Gauteng
Beste Sang met Klavierbegeleiding – laerskole – Wian Pieters, Selection Park, Oos-Gauteng
Beste Laerskool Danser – Wendy-Lee du Plessis, Concordia, Oos-Gauteng
Beste skryfvermoë Laerskool – Güte Geldenhuys, Ls Louw Geldenhuys, Wes-Gauteng
Beste Drama in Graad 4 & 5 – Jana Pretorius, Carpe Diem Drama Skool, Oos-Gauteng
Beste Drama in Graad 6 & 7 – Blyde Schoeman, Linda Theron Drama, Wes-Gauteng
Beste Drama In Laerskole – Gizelle Jordaan, Baanbreker, Oos-Gauteng
Beste Onvoorbereide Lees Ls Seniors – Nivhe Smit, Baanbreker, Oos-Gauteng
HOËRSKOOL GRAAD 8 TOT 12
Beste Instrumentaal – Hoërskole – Caitlin Stapelberg Leeuwenhof
Beste Sang Hoërskole klavierbegeleiding – Laetitia van Eck
Hs Secunda, Mpumalanga
Beste Sang Hoërskole (met klankbaan) – Janko Pretorius, Leeuwenhof Akademie, Wes-Gauteng
Beste Hoërskool Danser – Jané van Niekerk – Hs Oosterlig, Oos-Gauteng
Beste Kuns Hoërskool – Abygale Smith – Oos-Gauteng
Beste skryfvermoë Hoërskool – Mieke vd Merwe, Hs Oosterlig, Oos-Gauteng
Beste Drama in Hoërskole Dogters – Mieke Dippenaar Hs Oosterlig, Oos-Gauteng
Beste Drama in Hoërskole Seuns – Ruan Botha Helpmekaar Kollege, Wes-Gauteng
Beste Onvoorbereide Lees Hoërskole – Megan Moss Hs Hugenote, Oos-Gauteng
Beste Redenaars Hoërskool – Johnke Prinsloo Hs Ermelo, Mpumalanga
TOPTOEKENNINGS:
Mees Veelsydige Laerskole in Oos-Gauteng GIZELLE JORDAAN Laerskool Baanbreker, Oos-Gauteng
Mees Veelsydige Hoërskole in OOS-GAUTENG Megan Moss Hoërskool Hugenote
Mees Veelsydige MPUMALANGA Mielan Prinsloo, Laerskool Secunda
Mees Veelsydige NOORDWES – Matthew Gilliland Hoërskool Lichtenburg
Om te kwalifiseer vir ‘n Mees Veelsydige leerder, moet die leerder aan minstens drie verskillende afdelings deelgeneem, en daarin presteer het.
Op die een prestige-aand vir Gr R tot 3 het die nuwe sepiester van Binnelanders, Dihan Schoeman (Jacqaues) die aand as MC opgetree.
Con Spirito Kunswedstryd word vanaf Boksburg bedryf, deur die Direkteur, LIZELLE VAN STADEN