)

Erries vol gees en geluk by Con Spirito

Voor vlnr: Leandri Viviers, Johnke Prinsloo en Lianie Jansen van Vuuren
Agter vnr: Jake Hoffeld, Mienke Cloete, Zaneké Ludick en Zané du Plessis

Ses van Hoërskool Ermelo se kultuurdiere het die afgelope week aan die finaal van die Con Spirito-kunstefees deelgeneem te Leeuwenhof Akademie in Bedfordview.

Die afdelings waarin daar meegeding is, was voorbereide spanredenaars, voorbereide redenaars (Engels), gedig (eie keuse – Engels), gedramatiseerde gedig (Afrikaans), monoloog (Afrikaans) sowel as die sangafdeling.

Die volgende Erries is as itemwenners aangewys: Mienke Cloete, Zané du Plessis, Zanéke Ludick en Johnke Prinsloo (voorbereide spanredenaars), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide redenaars), Leandri Viviers (Afrikaanse monoloog), Lianie Jansen van Vuuren (sangafdeling) en Jake Hoffeld (ghitaar – eie komposisie).

Op Vrydag 6 September is Johnke Prinsloo by die prestige gala-aand ook as kategoriewenner aangewys vir die beste hoërskoolredenaar van die kompetisie.

Hartlik geluk aan hierdie leerders! Die EHS is opreg trots op julle en waardeer die mooi wyse waarop julle die skool se naam gestand doen.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal