Voor vlnr: Leandri Viviers, Johnke Prinsloo en Lianie Jansen van Vuuren
Agter vnr: Jake Hoffeld, Mienke Cloete, ZanekƩ Ludick en ZanƩ du Plessis
Ses van Hoƫrskool Ermelo se kultuurdiere het die afgelope week aan die finaal van die Con Spirito-kunstefees deelgeneem te Leeuwenhof Akademie in Bedfordview.
Die afdelings waarin daar meegeding is, was voorbereide spanredenaars, voorbereide redenaars (Engels), gedig (eie keuse – Engels), gedramatiseerde gedig (Afrikaans), monoloog (Afrikaans) sowel as die sangafdeling.
Die volgende Erries is as itemwenners aangewys: Mienke Cloete, ZanĆ© du Plessis, ZanĆ©ke Ludick en Johnke Prinsloo (voorbereide spanredenaars), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide redenaars), Leandri Viviers (Afrikaanse monoloog), Lianie Jansen van Vuuren (sangafdeling) en Jake Hoffeld (ghitaar ā eie komposisie).
Op Vrydag 6 September is Johnke Prinsloo by die prestige gala-aand ook as kategoriewenner aangewys vir die beste hoƫrskoolredenaar van die kompetisie.
Hartlik geluk aan hierdie leerders! Die EHS is opreg trots op julle en waardeer die mooi wyse waarop julle die skool se naam gestand doen.