CHS is verteenwoordig deur Roshay Hendricks (kaptein). Andiswa Futuse, Chulumanco Duka, Angela Nqabisa, Ané Nortje, Zaanri Hay, Jana du Toit, Anushka Pieterse en Candice Bosch.
(Foto verskaf)
Hoërskool Cradock se o.19A-netbalspan het op 13 en 14 Maart aan die Despatch Sportfees deelgeneem. CHS moes in die A-afdeling meeding en het goed gevaar teen die top netbalskole in die OP. Alhoewel die telbord nie altyd saamgespeel het nie, was CHS kompeterend teen DSG, Despatch, Nico Malan en Brandwag. Die wedstryd teen Humansdorp het gelykop geëindig. Teen DF Malherbe het CHS die wedstryd gewen.
Â