In die groot afwagting tot die uitslae van die nasionale senior eksamen het talle matrikulante regoor die land bespiegel oor hoe hul uitslae moontlik gaan lyk.Ā Tuis was die matrikulante van HoĆ«rskool Cradock ook versigtig optimisties oor die uitslae van sekerlik die belangrikste eksamen wat hulle tot dusver afgelĆŖ het.
HoĆ«rskool Cradock is baie trots op die klas van 2017 wat puik uitslae behaal het.Ā Altesaam 84 kandidate het die eksamen afgelĆŖ en verwagtinge oortref.Ā Individuele uitslae het bewys dat enigiets moontlik is wanneer leerders skouer aan die wiel sit met hul studies.Ā Sewe A-kandidate en 73 vakonderskeidings het bygedra tot ān verjeugde atmosfeer toe matrikulante en hul ouers op Vrydag 05 Januarie hul uitslae by die skoolkantoor afgehaal het.
CHS se toppresteerder was Wynand Bezuidenhout wat ān ongelooflike sewe onderskeidings behaal het en met ān gemiddeld van 87,0% bo-aan die klas geĆ«indig het.Ā Lula van den Heever en Wihan Heyns het albei puik presteer en ses onderskeidings elk behaal met ān gemiddeld van 85,0% en 83,0% onderskeidelik.Ā Wihan het ook ān Additionele Wiskunde (Admaths) eksamen afgelĆŖ waarin hy 64% behaal het, ān pragtige prestasie gesien in die lug dat hierdie ān eksterne vak is wat leerders aanlyn studeer.Ā Die skool fasiliteer slegs die toetse en eksamens.
Drie leerders behaal elk vyf onderskeidings naamlik LeanĆ© Jonker, Megan Stone en Jenique van der Merwe met Channah du Plessis, Marissa du Plessis, Marie Erasmus en Anobell van Rooyen wat elk met vier onderskeidings beloon word vir hul harde werk die afgelope vyf jaar.Ā ān Verdere 12 leerders behaal elk drie of minder onderskeidings.
Baie geluk matrikulante.Ā Julle lewe die leuse van CHS: NIL NISI NITENDO.Ā Ons is trots op julle!
Diegene wat graag vraestelle wil laat hermerk kan ān draai maak by die skoolkantoor vanaf 11 tot 17 Januarie 2018 om die nodige dokumentasie te voltooi.Ā Sluitingsdatum is 17 Januarie 2018.