Agtien van Hoƫrskool Cradock se leerders het op 30 Augustus 2017 deelgeneem aan die jaarlikse Aliwal Eisteddfod.
Die leerders het deelgeneem aan ān groot verskeidenheid items soos gedramatiseerde poĆ«sie, prosa. formele poĆ«sie, monoloĆ«, dialoĆ«, voorbereide toesprake en onvoorbereide lees.Ā Daar is sewentien goud, agtien dubbelgoud en ses trippelgoud aan hierdie groep leerders toegeken.
In die musiekafdeling het die leerdrs uitstekend gevaar met soloās, duette en selfs ān trio. Ā Die beoordeelaars was baie beĆÆndruk met die gehalte van die leerders se sang.Ā Die beoordeelaars in beide die Drama- sowel as die Musiekafdelings was vol lof vir die verskeidenheid werke wat deur die leerders gelewer is.
Daar is ook in die skryfkuns afdeling deelgeneem, waar Marissa du Plessis (gr. 12) ān trippelgoud vir haar gedig gewen het.
Die drama beoordeellaars was gaande oor ān komiesie stuk gedramatiseerde prosa wat aan Eliza-Marie Gerber ook ān trippelgoud besorg het.
Die CHS koor het weereens pragtig presteer. DĆe koor het enkele weke gelede ook aan die Queenstown Eisteddfod deelgeneem en in beide Queenstown en Aliwal ān goud ontvang.Ā Bruzelia Martins speel twee klavierstukke en ontvang onderskeidelik goud (Mr Happy Go Lucky) en dubbelgoud (Andantino). Mihlali Shembele en Maritza du Toit lewer ān pragtige sangduet en ontvang ān goud in Aliwal sowel as ān silwer in Queenstown vir dieselfde item.
Die koor van Hoƫrskool Cradock het in alle erns eers verlede jaar tot stand gekom en na maande se harde werk en toewyding, het mev. Anne Bekker hulle na groot hoogtes gelei.
CHS is bederf met mev. Laurette le Roux en mej. Zelda Mans wat kwaliteit afrigting aan die Eisteddfod drama- en sangleerders bied. As daar in ag geneem word dat hierdie leerders nie in die aktiewe drama groep van die skool is nie, maar slegs āgewoneā leerders is, is die toekennings wat op hierdie en vorige Eisteddfods aan die leerders toegeken is, puik prestasies.
Knap gedaan Kwaggas, julle maak ons trots!