Chris Hani-Wes tennisproewe. Die Chris Hani-Wes tennisproewe het Saterdag op Cradock plaasgevind. Hoër Landbouskool Marlow se spelers het deelgeneem en goed presteer.
Marlow se tennisspelers het die volgende prestasies behaal:
- In die o15 groep het Jan Louw du Plessis die vierde plek behaal.
- Jac Van Heerden het die sesde plek behaal
- Jano Botha het agtste geëindig.
- In die o19 groep het Theuns Botha derde geëindig
- Zandre Hammond het die vyfde plek behaal
- Luke Oktoberhet sesde geëindig.
Al die seuns van Hoër Landbouskool marlow moes in ‘n hoër ouderdomsgroep speel aangesien daar net ‘n o19 en o15-groep was. Daar was vanjaar sterk kompetisie, aangesien die distrik baie groter was met die insluiting van die Fort Beaufort, Aliwal-Noord en Burgersdorp skole saam met die Cradock en Middelburg skole.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








