Charlie Hofmeyr Hokkie Toernooi. Hoërskool Langenhoven, Riversdal, se eerste hokkiespan het tydens die Maart-vakansie aan die Charlie Hofmeyr Toernooi te Ceres deelgeneem en puik presteer.
Die span het vier wedstryde gewen, een gelykop gespeel en een verloor. Lisa Louw en Sarise Oosthuizen is gekies vir die span wat later vanjaar in Nederland gaan deelneem. Die Dasse is baie trots op hierdie puik span se prestasies en sien uit na die res van die seisoen!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf