Carla Ferreira Hoërskool Ermelo. Schools That Rock is bevoorreg om ‘n paar vrae te vra aan Carla Ferreira, Hoofdogter vir 2022 van Hoërskool Ermelo.
Hoe sien jy jou rol as hoofleier van Erries?
Ek moet ‘n voorbeeld wees vir die kinders om my en te alle tye my beste gee vir die skool. Ek aanvaar nie as iemand nie hul 100% gee nie, so ek sal my absolute 100% gee as hoofleier van die skool.
My rol behels ook dat ek die skool se naam hoog hou. Ek voel ook dat dit die hoofleiers se werk is om die skakel tussen die kinders en die onderwysers te wees. Ons moet die kinders se opinies en voorstelle, om skool lekkerder en beter te maak, in ag neem en dit probeer toepas. Ons moet ook die onderwysers help om die kinders onder beheer te hou en saam met die onderwysers ‘n goeie voorbeeld stel vir die kinders.
Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?
Ja, die maatreëls is defnitief nie 100% vir ons beskerming teen die virus nie, maar dit laat ons toe om skool te gaan en met ons skoolloopbaan op die normaalste moontlike manier klaar te maak.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Ek vra meeste van die tye vir my ma vir inspirasie. Sy het ‘n baie kreatiewe manier van dink en in ons gejaagde bestaan kan ek altyd staatmaak op my ma om my rustig te hou en my te help. Ek kyk nie regtig op na net een persoon nie – daar is baie mense rondom my wie ek na opkyk vir spesifieke goed, want almal het ‘n eienskap wat bietjie meer uitstaan.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek sal graag in ‘n mediese rigting wil gaan. My keuses is Radiation oncology of Narkose.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom?
Ja, want in Hoërskool Ermelo word ons baie maal in die diep kant ingegooi – ons word gepak met baie verskillende take. Dit berei ‘n mens baie mooi voor vir dit wat vir jou na skool wag. Onder andere leer ons hoe om ons tyd sinvol te bestuur.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Ja, veral aan die begin. Ek vergelyk dit graag met kos: hoe gaan jy weet jy hou daarvan of hou nie daarvan nie as jy dit nog nooit probeer het nie? Ek dink dat kinders aan die begin van hulle skoolloopbaan ten minste elke sport moet probeer. Na dit kan hulle besluit of dit vir hulle is of nie.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Ek het die meeste van ontgroening geniet in graad 8. Dit het my baie goeie waardes geleer en dit het ons graad as geheel baie naby aan mekaar gebring. Ek weet ek kan altyd staatmaak op my graad, omdat ons daar is vir mekaar. Ek het ook my graad 8 jaar vreeslik baie geniet met my Matriek. Sy het my baie gehelp om aan te pas.
Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.
Ja, ek is. Ek wil eendag ‘n werk doen wat aan my elke dag ‘n uitdaging gee. Dit is vir my baie belangrik dat ek nuwe dinge deur my hele lewe leer.
Na watter Universiteit gaan jy volgende jaar?
Ek wil graag aan die Univesiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gaan studeer.
Foto verskaf
Lees meer oor Erries:
Become a Sponsor








