)

Tiaan Grobler Hoërskool Ermelo – Schools That Rock gesels met Tiaan

Tiaan Grobler Hoërskool Ermelo. Schools That Rock is bevoorreg om ‘n paar vrae te vra aan Tiaan Grobler, Hoofseun vir 2022 van Hoërskool Ermelo.

Hoe sien jy jou rol as hoofleier van Erries?

Om hoofleier van Hoërskool Ermelo te wees, is ‘n groot voorreg. Vir die afgelope vyf jaar is trots, passie en tradisie by ons vasgelê. Dit is ‘n voorreg om hierdie waardes nou te kan oordra aan die volgende generasie.
Ek streef daarna om leierskap uit te leef deur ‘n voorbeeld te stel, betrokke te wees en die EHS se naam hoog te hou. Die “groen-massa” is ‘n spesiale, unieke instansie waarvoor ek baie lief is.
Die kern van leierskap by die EHS is gegrond op geloof. Ons staan saam en dáárin lê die EHS se sukses.

Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?

Ja, ek dink so. Die grondslag is gelê deur die Departement van Onderwys, maar die Errie-onnies het dit na ‘n ander vlak geneem. Ons onderwysers het dadelik ingespring en kreatiewe maniere gevind om almal te akkommodeer – op akademise gebied en ook om ons veilig, maar steeds betrokke te hou.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

My pa, Pieter Grober, die skoolhoof van Hoërskool Ermelo, is ongetwyfeld my mentor na wie ek opkyk. Hy pak alle uitdagings met ‘n positiewe gesindheid aan. Geen probleem is onoorkombaar nie. Hy is ‘n goeie leier wat oor die vermoë beskik om mense te inspireer en om, al lyk ‘n situasie selfs oorweldigend, te presteer na die beste van hul vermoë.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek beplan om B.Com. Ekomonie en Risikobestuur te studeer.

Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom?

Ja. Veral by Erries streef elke onderwyser daarna om elke leerder die beste moontlike opleiding te gee vir die studierigting wat hy/sy beplan.
Ekstra ure, persoonilke belangstelling en praktiese voorbeelde deur die personeel dra alles by tot ‘n suksesvolle jong volwassene.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Ja. Ek is baie lief vir sport en glo dat almal verplig behoort te word om aan een of ander sportsoort deel te neem. Dit leer jou van spanwerk en dissipline, hou jou liggaam gesond en dra boonop by tot akademise vooruitgang. Balans is die wagwoord! Ek glo dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Daar was soveel hoogtepunte, maar die twee wat uitstaan is verseker die koshuislewe en sport (spesifiek rugby!)

Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.

Ja. Ek het baie navorsing gedoen en baie ure saam met my ouers spandeer om my toekoms te beplan. ‘n Kombinasie van aanlegtoetse, belangstellingstoetse en persoonlikheidstoetse en met die hulp en leiding van my ouers, is ek oortuig daarvan dat ek die regte studierigting beplan.

Na watter Universiteit gaan jy volgende jaar?

Ek beplan om by verskeie Univeristeite aansoek te doen en vertrou dat die regte instansie oor my pad sal kom. My voorkeure is egter Tuks op die Pukke.

Lees meer oor Erries:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal