BVHS Krieket. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste krieketspan het in hul laaste wedstryd van die seisoen ‘n skitterende oorwinning teenoor Hoërskool Witteberg behaal.
Die Trekkers het eers eerste gekolf en 252/6 in hul toegelate 50 boulbeurte opgestapel. BVHS se kaptein, Hendrik Janse van Rensburg, het 66 lopies aangeteken, terwyl Cecil Parsons 61 lopies tot die totaal bygedra het. André Heunis (28 nie uit uit) het die kolfbeurt goed afgesluit.
Die boulers het die opponente reeds vroeg onder druk geplaas en hulle uiteindelik uitgeboul vir 52 lopies. Juan Theunissen (4/21), André Heunis (2/2) en Wean Claasen (2/8) het uitsonderlike boulvertonings gelewer.
Bethlehem Voortrekker Hoërskool wen Witteberg dus met 200 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf