)

Bulties agt jaar oorwinnaars – Hoërskool Bultfontein skitter

Bulties agt jaar oorwinnaars. 🏉 Hoërskool Bultfontein se o.13-rugbyspan skryf geskiedenis in die Sandveld Liga!

Met trots en dankbaarheid deel ons die ongelooflike verhaal van Bulties se skitterende o.13-rugbyspan wat vanjaar die Sandveld Liga gewen het. Al is dit ’n kompetisie tussen kleiner plattelandse skole, is die prestasie van hierdie span niks minder as buitengewoon nie!

Wat hierdie oorwinning werklik besonders maak, is die feit dat 13 van die spelers reeds sedert 2018 saamspeel. Hulle was toe in Graad R. Van kleuterskoen tot rugbytoks, het hulle jaar na jaar saam gestap, saam gesweet en saam gegroei. En nie net het hulle elke jaar die liga gewen nie – hulle het nog nooit ’n enkele ligawedstryd verloor nie! Sewe jaar van onoorwonne rugby, Sewe jaar van kameraadskap, Sewe jaar van toewyding.

🎖️ 2025-Spanlede: Benje Brynard, Luan de Koning, JG Muller, Izak Kotze, Emile Roux, Johan Ebertsohn, Milne Bredenkamp, Eckard Pelser, Lian Botha, Hanco van Zyl, Ulrich Greyling, Wian van Zyl, Katlego Moshodi, Michael Joubert, Siyanda Xalabile, Henrico de Beer, Tito Pholo, Justin Marais, Jayden Marais, Imihle Thembile, AJ Botha, Christiaan Botha, Ofentse Titit.

Speel saam sedert 2018

👶 Spelers wat sedert 2018 saam speel: Benje Brynard, JG Muller, Izak Kotze, Johan Ebertsohn, Francois Schoeman, Milne Bredenkamp, Lian Botha, Hanco van Zyl, Ulrich Greyling, Wian van Zyl, Siyanda Xalabile, Justin Marais, Jayden Marais.

Afrigters wat die pad saam gestap het:

  • Chris Botha (2018–2023): ’n rots van leiding en inspirasie oor sewe jaar.
  • Christo Barnard (2024–2025): het die fakkel oorgeneem en die span tot nuwe hoogtes gelei.
  • Francois Marais (hulpafrigter o.11 en o.13): altyd daar met ondersteuning, strategie en motivering.

“Die wedstryd van goeie vriende deur tyd.” Saam speel, saam sweet, saam leer en saam groei. Dit is die hartklop van hierdie span se storie. “Dankie aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat deur die jare hul alles gegee het. Julle toewyding, spanwerk en liefde vir rugby het nie net trofeë gebring nie, maar ook vriendskappe en herinneringe wat ’n leeftyd sal hou.”

“Ons is ongelooflik trots op wat saam bereik is – sewe jaar van rugby wat ons vir altyd met trots sal onthou.”

WELGEDAAN MANNE! Ons hou julle dop!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.facebook.com/bulties/

Foto en video verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal