Buitesportprestasies. Paul Roos Gimnasium in die Paarl se leerders het gedurende 2021 uitgeblink in verskeie Buitesportprestasies.
Slegs die atleet se hoogste prestasie in elke sportsoort word gegee.
Noah Bakkes (8E1)
Noah Bakkes behaal die 5de plek in die 2021 o/15 SA Nasionale Tetrekampioenskappe (skerm-swem en gekombineerde pistoolskiet-hardloop).Hy behaal ook die 15de plek in die 2021 o/15 SA Nasionale Gekombineerde Pistoolskiet-hardloop Kampioenskappe.
Mattijs Machtelinckx (8E1)
Mattijs Machtelinckx behaal die 7de plek in die 2021 o/15 SA Gekombineerde Pistoolskiet-hardloop Kampioenskappe. Hy het gekwalifiseer om die SA Presidentspan te verteenwoordig by die Wêreld Gekombineerde Pistoolskiet-hardloop Kampioenskappe. Dit het plaasgevind in Kaïro, Egipte vanaf 11 tot 14 Junie 2021. Hy verower ook ‘n goue medalje tydens die o/1 5-Wes-Kaapse tweekamp-kampioenskap vir (hardloop-swem-hardloop). Mattijs kwalifiseer om die o/15 Wes-Kaapse Biathle-span te verteenwoordig by die SA Nasionale Biathlé-kampioenskappe, maar is weens Covid 19 gekanselleer. Mattijs Machtelinckx verower ‘n Goue medalje by die o/15 Wes-Kaapse Triathlé-kampioenskappe 2021 (gekombineerde pistoolskiet-swem-hardloop). Ten spyte daarvan dat hy gekwalifiseer het om die o/15 Wes-Kaapse Triathlé-span te verteenwoordig by die SA Nasionale Triathlé-kampioenskappe is dit ook weens Covid 19 gekanselleer.
Pieter de Bruyn (11A3)
Pieter verower ‘n Silwer Medalje by die 2021 o/19 Wes-Kaap Triathlé Kampioenskappe (gekombineerde pistoolskiet-swem-hardloop). Hy kwalifiseer ook om die o/19 Wes-Kaap Triathlé B-span te verteenwoordig by die 2021 SA Nasionale Kampioenskappe, maar is as gevolg van Covid 19 gekanselleer.
Adriaan de Waard (8A1)
Adriaan behaal die 4de Plek by die 2021 o/15 SA Nasionale Vierkamp (Tetrathlon) Kampioenskappe (skerm-swem en gekombineerde pistoolskiet-hardloop), asook ‘n 9de Plek by die 2021 o/15 SA Nasionale Pistoolskiet-hardloop Kampioenskappe.
Wilan (Willem) Basson (9A5)
Wilan behaal ‘n silwer medalje by die 2021 o/17 SA Nasionale Vierkamp (Tetrathlon) Kampioenskappe (skerm-swem en gekombineerde pistoolskiet-hardloop). Hy kwalifiseer om die o/17 SA Vierkamp (Tetrathlon) span te verteenwoordig by die o/17 Wêreld Vierkamp (Tetrathlon) Kampioenskappe in Alexandrië, Egipte van 4 tot 10 Julie 2021. Dit word egter gekanselleer as gevolg van Covid 19. Hy behaal ‘n 5de Plek by die 2021 o/17 SA Nasionale Pistoolskiet-Hardloop Kampioenskappe. Gekwalifiseer om die o/17 SA Presidentspan te verteenwoordig by die Wêreld Pistoolskiet-Hardloop Kampioenskappe in Kairo, Egipte van 11 tot 14 Junie 2021 maar is gekanselleer as gevolg van Covid 19. Hy verwerf ‘n silwer medalje by die 2021 Wes-Kaap Triathlé Kampioenskappe (gekombineerde pistoolskiet-swem-hardloop). Wilan kwalifiseer om die o/17 Wes-Kaap Triathlé span te verteenwoordig by die 2021 SA Nasionale Triathlé Kampioenskappe, maar word gekanselleer as gevolg van Covid 19.
Baie geluk aan al die Paul Roos Gimnasium uitblinkers met julle Buitesportprestasies!
Lees meer oor Paul Roos Gimnasium:
Foto verskaf deur Jacques Vermooten