Brandkop Voortrekkers. Die Brandkop Voortrekker Kommando van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is met ‘n toekenning vereer. Hulle het ‘n oorkonde ontvang as die beste funksionerende-lidorganisasie in 2020-2021. Die oorkonde is deur die Bloemfonteinse Afrikaner Kultuurraad aan die kommando toegeken.
Elané Bender en Jeanré Coetzee het die toekenning namens die kommando in ontvangs geneem. Elane en Jeanre is die jeugleiers van die Brandkop Kommando vir 2021/2022.
Lees meer oor Fichies: