Boogskiet ABO Nasionaal. Hoërskool Waterkloof se boogskietspan het die afgelope naweek aan die Boogskiet ABO Nasionaal deelgeneem.
Hoërskool Waterkloof se boogskietspan is ook by die geleentheid as die Nommer een span in Suid-Afrika aangewys! Die span bestaan uit: Bryce Siebrits, Joane Coetzee, Xante Van Zyl en Mikaela Verster.
Die span se Individuele resultate:
- Bryce Siebrits – 417 met 24 11ve, Algeheel derde in die MYA-klas
- Joane Coetzee – 404 met 15 11ve, Algeheel tweede in die FYA-klas
- Xante Van Zyl – 402 met 17 11ve, Algeheel derde in die FYA-klas
- Mikaela Verster – 358 met 7 11ve, Algeheel vyfde in die FYA-klas
- Marco Jansen van Rensburg – 343 met 3 11ve, Algeheel elfde in die MYA-klas
Bryce, Joane, Xante en Mikaela het ook hul Gauteng-Noord en Nasionale Kleure vir ABO ontvang.
Bryce Siebrits is ook as die Junior skut van 2023 aangewys. Hy was ook deel van Archers Edge se eerste span sowel as die Gauteng-Noordspan wat albei ‘n eerste plek behaal het!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf