Boodskappe 2021 Matrieks. Ra-eesah Joseph se Moeder, Radia Joseph, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Sy was vanjaar in matriek by Worcester Gimnasium.
“En so is ‘n baie belangrike fase in jou lewe besig om verby te gaan. Die vormingsjare op skool, waar jy die kans gehad het om jou toekoms se deure oop te begin maak. Jy gaan geleenthede kry. Dalk verder opleiding, dalk werksgeleenthede. Jy gaan verlief raak, verloof raak, trou… alles op sy tyd. En daar gaan in dit alles die geleenthede wees wat jy nodig het en gaan ontdek dat jy gemaak is om ‘n verskil in die wêreld te maak. In jou werk. In jou gesinslewe. In jou menswees.
Wees getrou aan jou geloof. Wees getrou aan jou roeping. Wees getrou aan jouself. Gaan lewe nou groot tot sy eer, met Sy genade!
Jou Moeder.”
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za