Boodskappe 2021 Matrieks. Chantel Venter, moeder van Leandri Venter, het ‘n besondere boodskap aan haar gerig om saam met haar die toekoms in te neem. Leandri is in matriek in Hoërskool Bastion, Gauteng.
“My liewe dogter, ek stuur die boodskap aan jou, want jou lewe gaan nou begin. Leandri, jy het van ‘n skaam meisie in ‘n baie selfvertroude dame verander. Jy maak elke kamer helder as jy daar inloop.
Alles wat jy aanpak doen jy met soveel selfvertroue. Onthou ek is altyd daar vir jou, maak nie saak wat nie. Jy sal altyd my kind bly al word jy ook baie oud. Onthou, niks in die lewe is onmoontlik nie. Met harde werk sal jy die hoogtes bereik waarvoor jy mik.
Geniet elke oomblik van die lewe. Hou die Here se hand styf vas.
Ek is baie life vir jou, Mamma.”
Foto verskaf