)

Boodskappe 2021 Matrieks – Jancké Grobbelaar van AHMP

Boodskappe 2021 Matrieks. Janiné Grobbelaar, moeder van Janké Grobbelaar, het ‘n besondere boodskap aan haar gerig om saam met haar die toekoms in te neem. Janké is in matriek in Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria.

“My liefste Jancké, toe jy klein was het mamma geweet jy gaan ‘n vors wees. Daar was dae wat ek gedink het jy droom te veel, jy is te stil, maar jy het my verras. Ek is dankbaar vir wie jy is, ek is dankbaar dat jy droom en op jou eie stil manier ‘n kampvegter is vir die wat nie kan nie.

My gebed vir jou is dat jou drome ‘n werklikheid word. Die stories wat in jou hart is, die prentjies wat jy sien, dat die hele wêreld dit sal sien en ‘n verskil kan maak in hulle lewens. Dat jou andersheid en uniekheid vir jou groot deure sal oopmaak, maar te alle tye, dat jy daardie sagte nederige mens sal bly. Ek bid vir jou liefde en vrede wat alle verstand te bowe gaan. Die wêreld is oop, en jy wil jou vlerke sprei, ek weet jy wil dit baie baie ver gaan sprei.

En die mammahart gaan erg verlang, maar omdat ek jou lief het, sal ek jou laat gaan want ek weet jy sal nooit alleen wees nie. Ek sal altyd hier wees vir jou. Mamma sal jou altyd lief hê en ek sien uit saam met jou en is opgewonde saam met jou.

Wees die geseënde van die Here

Mamma.”

Foto verskaf

Lees meer skolenuus:

https://schoolsthatrock.co.za

https://ahmp.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal