Boland Landbou. Dit was ‘n voorreg en plesier vir die Hoër Landbouskool Boland in die Paarl om die afgelope naweek die graad 8’s van 2022 én hulle ouers op die plaas te verwelkom.
Wat ‘n oulike klomp seuns! Dis met groot opgewondenheid wat die skool uitsien dat hulle moet inval by hulle vanaf 17 Januarie. Graag heet hulle elke seun en ouer baie welkom by die Boland-familie. Boland Landbou verwys na hul nuwelinge as steggies, “want hiér word hulle die geleentheid gebied om te floreer, te groei en te ontwikkel in die beste weergawe van hulself.” Esegiël 17: “Daarna het hy ‘n steggie gevat en dit in die grond gesit waar dit kon floreer.”
#bewaaronsbodem #hartenhand #leerleeflei
Foto’s verskaf
Lees meer skolenuus: