Boland Krieket. Daandré Walker, ‘n gr.10-leerder aan die Hoërskool Strand, is in die Boland se o.16-krieketspan opgeneem. Die span gaan gedurende Desember in Pretoria deelneem.
Daandré is ‘n toonbeeld van toewyding en entoesiasme. Hierdie aanvangskolwer en draaibouler het reeds twee jaar gelede, toe hy nog in graad 8 was, die aandag getrek. Sy gewese afrigter, Christiaan Theron, wat nou in Nieu-Seeland krieket afrig, het hom as ‘n toekomstige ster beskryf.
Die Hoërskool Strand is werklik trots op hierdie begaafde speler.
Lees meer oor Strand: