Alies Tennis. Hoërskool Aliwal-Noord se tennisspelers het op Saterdagoggend 6 November deelgeneem aan die Berg Meubels Tennistoernooi. Drie seunsspanne en twee meisiesspanne het deelgeneem en dit was alles behalwe treurige tennis!
Vroeg-vroeg kon gesien word dat die dag skitterende tennis gaan oplewer. Baie dankie aan Landboudal en Queens College Boys’ School wat hierdie dag saam met ons kom deel het. Dit was groot pret!
Die uitslae van die dag was as volg: Alies Tennis se eerste meisiesspan speel teen Landboudal en wen hulle oortuigend 6-0.
Die seuns se uitslae was ook as volg: Alies Tennis se eerste span vs Queens wen 4-2. Queens wen Landboudal 4-2. Alies Tennis se eerste span wen Landboudal 5-1.
Die wenners van die dag was Alies Tennis se eerste seunsspan en eerste dogtersspan.
Baie geluk met julle puik spel!!
Meer oor Hoërskool Aliwal-Noord: